Nadina Coetzee
Stoffasie van 'n Nasie
Stoffasie van 'n Nasie
Couldn't load pickup availability
Min locals kry so lekker soos dié wat dans dat die stof so staan – met verrukte toeskouers verlangs tweede!
Die riel is ‘n uitbundige vieringsdans uitgevoer deur die San-, Nama- en Koimense van ouds - en danksy hulle nalatenskap steeds by sosiale byeenkomste, feeste kulturele okkasies ‘n bron van vreugde en vermaak. Die rieldans se tradisionele wortels het gelukkig ewolusionêr voortgedans na ‘n weergawe wat verskillende interpretasies en invloede verdra en binne die stylraamwerk vernuwing en kreatiwiteit huisves.
Dansers dollie deesdae op in veelkleurig-versierde uitrustings en vastrap- skoeisel wat nie net luister verleen aan die stowwerige gedoente nie, maar ook die fyn voetwerk met sy magdom ingewikkelde stappies ondersteun. Hierdie is die kruks van die saak: ‘n gestamp, getik en geskuifel van voete wat die hoogs energieke aard van die dans dra in dikwels sinkopatiese ritme. Die passies so tussenin die musiek se maatslag maak dinge ekstra dinamies en prettig.
Die dans word gewoonlik uitgevoer in groepformasie, met die dansers wat in ‘n lyn of sirkel. saambeweeg in sinkroniese eenheid asof ‘n onsigbare band hulle saambind, maar nooit inperk nie.
Dis die bruising in hulle bloed en dis lekker!
Share
Product Details
Medium: Oil
Framed: No
Width: 91 cm
Height: 61 cm
Depth: 4 cm
