Skip to product information
1 of 3

Michael Angelo Abrahams

Lekker Bokkoms Juffrou, Meneer

Lekker Bokkoms Juffrou, Meneer

Regular price R 3,500.00 ZAR
Regular price Sale price R 3,500.00 ZAR
Sale Sold

Centurion Art Association Artist of the Year award - Sketching Merit Award Winner

“Local is Lekker” vier die alledaagse stories, geure en mense wat ons gemeenskap uniek maak. Een so ’n simbool is die bekende bokkom – ’n gedroogde vis wat uit die hawe van Lambertsbaai gevang word. Met sy sout smaak wat in jou mond bars, staan dit bekend as die Weskus-biltong, ’n geur wat diep in ons erfenis en identiteit vasgevang is.

 Hierdie werk eer ook Richard, beter bekend as Babbaloontjie. Al was hy klein van gestalte, was hy groot van hart en geliefd deur almal. Richard het altyd die vissers gehelp om ’n bestaan te maak. Sy “skarrel” – klein werke soos om erwe skoon te maak of hier en daar ’n hand te leen – het sy vasberadenheid gewys om te oorleef ten spyte van swaarkry, hy word steeds onthou vir sy vriendelikheid en sy teenwoordigheid in die gemeenskap. Die beeld wat ek hier deel, is een van die laastes wat van hom geneem is, en dit vang sy verhaal vas as deel van ons kollektiewe geheue.

 Met my werk wil ek wys dat plaaslik nie net lekker is om te proe nie, maar ook lekker is in die mense, die stories en die veerkragtigheid van ons gemeenskap. En as jy nog nooit ’n bokkom geproe het nie, nooi ek jou om hierdie Desember Lambertsbaai toe te kom en self die smaak, die gees en die hart van die Weskus te ervaar.

Product Details

Medium: Charcoal, Drawing

Framed: No

Width: 61 cm

Height: 86 cm

Depth: 0,1 cm

View full details