Martiens Palmer

Martiens Palmer

Tiens is gebore in Gauteng aan die Oos Rand.  Hy van jongs af ‘n liefde en gawe vir teken gehad en het eers later in sy lewe begin verf.  Hy het 'n loopbaan gevolg as 'n grafiese kunstenaar, maar van die oomblik dat hy met verf op doek begin skilder het was dit onmoontlik om nie sy besondere kreatiwiteit raak te sien nie.

Tiens se vermoeë om realistiese ligspeling vas te vang is indrukwekkend. Saam met sy keuse van onderwerp studies het dit saamgevloei tot die ontstaan van unieke kunswerke.

Hy hou van 'n los impressionistiese benadering in sy werk. Die skoonheid wat hy raaksien inspireer hom, hetsy dit in mense is, 'n onderwerp studie, die natuur of selfs 'n oomblik in tyd wat oor sy pad kom en ook die manier waarop lig iets aanraak. Hy is konstant besig om meer te leer, te ontdek en op sy eie unieke manier dit te omskep in 'n visuele taal wat mense se harte aanraak. Hy het ook die voorreg gehad om sy werke en tegnieke te publiseer in die South African Artist tydskrif.
Back to blog

Leave a comment

Please note, comments need to be approved before they are published.